Lede van AfriForum se Ventersdorp-buurtwag is op 30 Julie 2019 in kennis gestel van ‘n voertuig wat ‘n skaap gesteel het by ‘n plaas in die omgewing. ‘n boer van die omgewing het oë op die voertuig gehad en die posisie van die voertuig deurgegee soos die buurtwag paaie begin toemaak het. Die voertuig het die pad verlaat en het vasgeval en kon nie weer verder ry nie.  Daar is 1 verdagte gearresteer terwyl 2 ander verdagtes in die mielie lande ingehardloop het.

 

Ventersburg SAPD is ontbied sowel as die honde eenheid en vee diefstal eenheid wat dadelik gereageer het en op die spoor van die ander 2 verdagtes aan is.  Ongelukkig het die ander 2 verdagtes weggekom maar is reeds geïdentifiseer deur hulle fone wat hulle agter gelos het in die kar.  Met verdere ondersoek is daar nog 9 skape gevind in die veld waar hulle reeds vasgemaak was om later te kom optel.

Die nuwe vloere van Rus ‘n Bietjie.

Volgens Orten Van Jaarsveld is “hierdie ’n groot sukses vir ons buurtwag en die gemeenskap. Misdadigers moet weet dat daar nie plek vir hulle in ons gemeenskap is nie en dat die mense sal saamstaan teen misdaad.”

 

“Die feit dat gemeenskapslede inligting direk aan die buurtwag kan kommunikeer, maak vinnige optrede deur die buurtwag moontlik. Dit skep ook vertroue by die gemeenskap en verskerp waaksaamheid en weerbaarheid om misdaad in die gebied hok te slaan. Goeie samewerking tussen die buurtwag, polisie en plaaslike veiligheidsinstansies stel ons in staat om die gemeenskap in tye van nood by te staan,” sê Joseph Renaud, AfriForum se Veiligheids streekshoof vir Sentraalstreek.

Soortgelyke plasings