AfriForum se Sasolburg-tak herstel gevaarlike pad


AfriForum se Sasolburg-tak het op 15 September vanjaar die pad by die Minnaarstraat- en Wonderfontein-aansluiting opgeknap. Dit volg nadat verskeie motorongelukke by die aansluiting plaasgevind het weens ʼn tekort aan instandhouding. Die opknapping het ingesluit die verwydering van rommel en die verf van strepe; nuwe padtekens is ook opgerig. In ʼn verdere poging om sigbaarheid te verbeter het die tak ook katoë op die pad aangebring.

“Ons wil graag elke vrywilliger bedank wat gehelp het om deur middel van hierdie aksie by te dra tot die verbeterde veiligheid van Sasolburg se inwoners,” sê Stephen Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Sentraal-streek.

Soortgelyke plasings