|

Forum Nuus: Colingy-2 op borgtog van R 20 000 elk vrygelaat

Pieter Dooreward en Phillip Schutte van Coligny, wat vroeër aan moord skuldig bevind is, is vandag op borgtog van R20 000 elk vrygelaat. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê “ons weet die mans is onskuldig en hulle verdien nie om ’n dag langer in die gevangenis te wees nie. Hulle is reeds 13 maande in aanhouding en dit is dertien maande te lank.”

Kriel het gesê AfriForum sal aanhou om die mans se regskoste vir die appèlproses te betaal.

Soortgelyke plasings