AfriForum maak park in Pretoria-Oos skoon


AfriForum het op 11 Augustus 2018 die park op die hoek van Piering- en Chroomstraat in Elarduspark, Pretoria skoongemaak.

“Gemeenskapslede het ons in kennis gestel dat die park in ’n haglike toestand is weens vullis wat daar gestrooi is. Die AfriForum-tak het daarom die vullis gaan optel en gras gesny. Sowat vyf groot sleepwaens vullis is verwyder. Dit is vir AfriForum belangrik dat gemeenskappe ons in kennis stel van probleme soos hierdie sodat ons die nodige stappe kan doen om dit reg te stel,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.

Hierdie is die eerste van ’n reeks projekte wat AfriForum in Pretoria wil aanpak. Gemeenskapslede word aangemoedig om AfriForum te kontak as hulle behoefte aan só projek het. Die burgerregte-organisasie beoog ook om binnekort ’n tak in Waterkloof te stig.
AfriForum doen ’n beroep op die verskeie gemeenskappe in die Tshwane Metropool om by die plaaslike takke betrokke te raak en aktief aan aktiwiteite deel te neem. Stuur ’n e-pos na lambert@afriforum.co.za vir meer inligting hieroor.

Soortgelyke plasings