| | |

AfriForum se Middelburg-tak help om nood te verlig

Die AfriForum-tak in Middelburg het tot op hede ongeveer 10 ton kos vir Solidariteit Helpende Hand se Josef Silo’s-projek ingesamel om mense te ondersteun wat ’n voedseltekort beleef. Dié insamelings het begin nadat boere in die Groblersdal- en Kranspoort-omgewing hulp aangebied het.

Die skenkings sluit vars groente soos boontjies, pampoen, wortels, blomkool en beet in, asook vrugte soos appels, nartjies en lemoene. Al hierdie skenkings is na die Josef Silo’s in Witbank geneem en kospakkies is terselfdertyd daar opgelaai en aan behoeftiges van Middelburg uitgedeel.

“Ons wil elke boer bedank wat saam met ons in die tyd staan. Die nood is groot en sonder hul hulp sal die projek nie kan voortgaan nie,” sê Wayne Hill, voorsitter van AfriForum se Middelburg-tak.

Raak betrokke by AfriForum se Middelburg-tak: SMS “Middelburg” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings