| | |

AfriForum se Velddrif-tak reik uit na inwoners in nood

Die AfriForum-tak in Velddrif het van 5 tot 7 Mei 2020 25 kospakkies aan behoeftige gesinne in die gemeenskap uitgedeel nadat RNFW Emergency Services 40 sakke aartappels, 50 sakke uie en 40 bokse niebederfbare produkte aan dié tak geskenk het om mense in nood by te staan.

“Dit is vir ons as Velddrif-takbestuur merkwaardig om te sien hoe die gemeenskap uitreik na mekaar in hierdie tyd van nood. Ons sal aanhou om hard te werk om voedsel aan behoeftige mense te voorsien,” sê Chrisma Faulkner, voorsitter van AfriForum se Velddrif-tak.

“Dit is vir die Velddrif-takbestuur belangrik om uit te reik na die gemeenskap en werklik ’n verskil te maak. Ons bedank almal wat hulle harte oopmaak en sodoende die negatiewe impak van die staat van inperking op die gemeenskap so ver moontlik te minimaliseer,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Raak vandag nog by AfriForum se Velddrif-tak betrokke – jy kan help om ’n verskil in jóú gemeenskap te maak: SMS “Velddrif” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings