AfriForum stig buurtwag in Rustenburg

 

 
Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 19 Oktober 2017 ’n buurtwag in Rustenburg gestig om misdaad in dié dorp te help takel.

“Die buurtwag vorm deel van ons takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies in tye van nood by te staan. AfriForum-buurtwaglede teken ’n streng gedragskode om te verseker dat hulle te alle tye binne die raamwerk van die wet optree,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes.

Johan de Klerk, hoof van die veiligheidsportefeulje by AfriForum se Rustenburg-tak, sê dat die veiligheid van alle inwoners vir die tak ’n prioriteit is en dat ’n wesenlike verskil deur goeie samewerking gemaak kan word. “Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en te help om die veiligheid van Rustenburg se inwoners te bevorder.”

Soortgelyke plasings