AfriForum-takke in Limpopo oorhandig plaasaanvalmemorandum aan SAPD


AfriForum se takke in Limpopo het op Dinsdag 21 November 2017 memorandums aan die plaaslike polisiestasies in dié provinsie oorhandig om die fokus op plaasaanvalle te vestig.
Die memorandums is by polisiestasies in die volgende dorpe oorhandig: Warmbad, Louis Trichardt, Ellisras, Nylstroom, Naboomspruit, Pietersburg, Phalaborwa, Tzaneen en Hoedspruit. Al die polisiestasies het die memorandums positief ontvang.

“Die aantal plaasaanvalle en -moorde styg jaarliks en ons wil graag saam met die polisie werk om te verseker dat dít daadwerklik beveg word. Plaasaanvalle moet geprioritiseer word,” sê Jaco Grobbelaar, distrikskoӧrdineerder vir AfriForum in Limpopo.

AfriForum poog tans om strukture, wat gemik is op die bevegting van geweldsmisdaad in dorpe en op plase, te skep en versterk.
Om by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan te sluit, SMS “Buurtwag” na 45340 (R1) en maak ’n verskil in jou gemeenskap.

Soortgelyke plasings