Apiesrivier gaan gebuk onder hewige kragonderbrekings

Help die AfriForum-tak om dit stop te sit.

AfriForum se Apiesrivier-tak is moeg vir die konstante kragonderbrekings waaronder die gebied gebuk gaan en dit moet stop gesit word.

Die daaglikse kragonderbrekings, beurtkrag uitgesluit, is van Januarie tot Maart al meer as 500 ure.

Geen instandhouding en opgradering van die kragverspreidingsnetwerk, en ’n gebrek aan gekwalifiseerde elektrisiëns en sekuriteit vir kragvoorsieningsinfrastruktuur veroorsaak addisionele kragvoorsieningstekorte, en die Tshwane Munisipaliteit vat geen verantwoordelikheid nie.

Die tak het jou steun nodig om druk op Tshwane Munisipaliteit te plaas om voldoende hulpbronne (mense) beskikbaar te maak om die kragnetwerk te kan onderhou. Verder versoek ons dat die gekwalifiseerde elektrisiëns wat by Rooiwal-kragstasie werksaam is, beskikbaar gemaak word om Streek 2 se kragdepartement te help.

Gee jou steun hier:

Soortgelyke plasings