Inwoners in die omgewing van die Apiesrivier gaan gebuk onder weke lange kragonderbrekings

AfriForum se Apiesrivier-tak wil graag die gemeenskap help en meer druk toepas op die Tshwane Metro om die kragtoevoer vinniger te herstel. Ons het jou hulp nodig!

Geen instandhouding en opgradering van die kragverspreidingsnetwerk, en ’n gebrek aan gekwalifiseerde elektrisiëns en sekuriteit vir kragvoorsieningsinfrastruktuur veroorsaak addisionele kragvoorsieningstekorte, en die Tshwane Munisipaliteit vat geen verantwoordelikheid nie.

Die tak het jou steun nodig om druk op Tshwane Munisipaliteit te plaas om voldoende hulpbronne (mense) beskikbaar te maak om die kragnetwerk te kan onderhou. Verder versoek ons dat die gekwalifiseerde elektrisiëns wat by Rooiwal-kragstasie werksaam is, beskikbaar gemaak word om Streek 2 se kragdepartement te help.

AfriForum se Apiesrivier-tak gaan ’n petisie aan die metro oorhandig om die owerhede bewus te maak van die impak van hierdie skade. Die metro moet dringend aandag gee aan die probleem, herstelwerk versnel en oplossings gee om die inwoners van die gemeenskap by te staan met kos en water.

Vul die petisie in en gee AfriForum jou steun.

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Soortgelyke plasings