AfriForum dring aan op die wegdoen van TV-lisensies en die privatisering van die SABC in parlementêre voorlegging

AfriForum gaan 16 Januarie skriftelike kommentaar by die portefeuljekomitee oor kommunikasie en digitale tegnologie indien rakende die Wetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie SOC BPK [B32-2023]. AfriForum stel in hul voorlegging twee oplossings voor vir die SABC se langdurige en voortdurende stryd met befondsing, korrupsie, wanbestuur en verkwistende uitgawes. Die hoofoplossing is dat die SABC geprivatiseer moet word, maar as die regering die desentralisasie van staatsmag verwerp, is die alternatief om weg te doen met TV-lisensies. Hoe dit ook al sy, die huidige disfunksionele status quo kan nie voortduur nie.

AfriForum voer aan dat privatisering die SABC sal laat herleef en tot beter doeltreffendheid, programme van hoër gehalte, sowel as finansiële stabiliteit sal lei. Privatisering sal ook help om korrupsie en wanbestuur te beveg. Met betrekking tot die argumente om weg te doen met TV-lisensies, haal AfriForum die hemelhoë koerse van ontduiking en nie-nakoming aan, asook die onregverdigbare bykomende finansiële las wat dit op arm huishoudings plaas. AfriForum stel ook moontlike alternatiewe bronne van befondsing voor.

Voeg jou naam by ons kommentaar en versterk ons veldtog.

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Soortgelyke plasings