Isidingo word misbruik om anti-wit rassisme op te sweep

 

AfriForum het sy kommer uitgespreek oor die publieke reaksie wat gevolg het op ’n onlangse episode van Isidingo op SABC 3, waarin ’n rassistiese beeld van wit mense geskets is. Verskeie kommentators het die betrokke Isidingo-episode as ’n weerspieëling van die werklikheid beskryf en die episode versprei in ’n poging om anti-wit rassisme op te sweep.
Isidingo word ook op sosiale media geprys vir die politieke standpunt wat dié program teen wit mense inneem.
Volgens Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, weerspieël die verhaal op Isidingo nie die werklikheid onder wit mense, Afrikaners of boere nie. In die betrokke episode word ’n onskuldige swart man deur twee wit mans aangerand en lewend begrawe nadat hulle hom met bobbejaangeluide geterg het.

“Ons erken die vervaardigers van Isidingo se reg op artistieke vryheid en kan nie aan hulle voorskryf wat in die program gebeeldsend moet word nie. Ons is egter bekommerd oor die publieke reaksie wat vanuit sekere geledere op dié episode gevolg het,” sê Roets. Die vervaardigers van Isidingo behoort in die openbaar sterk standpunt teen alle vorme van rassisme in te neem.

Roets sê dat AfriForum sal voortgaan om alle vorme van rassisme konsekwent te verwerp.

Soortgelyke plasings