RIOOL IN POTCHEFSTROOM

Die inwoners van Potchefstroom wil die volgende probleme onder Total Potchefstroom se aandag bring en eis dat daar onmiddellik werk gemaak word van die rioolprobleem:

Die riool word in die omliggende oop erwe uitgepomp wat nou deurdrenk is met riool en tans die pad oorspoel.
Total se drein/riool word glad nie gebruik nie.
Die riool hou ’n gesondheidskrisis vir die omliggende inwoners en skool in.
Die riool besmet die omliggende area se ondergrondse water.
Die eienaar van Total het die pad na Vyfhoek wederregtelik toegemaak omdat dit oorspoel is met riool, wat tot gevolg het dat die mense wat daar woon ’n ompad moet gebruik, die skool een van hulle hekke nie kan gebruik nie, nooddienste ompaaie moet ry wat ’n lewe kan kos, voetgangers wat die pad gebruik het, nou langs die N12 moet loop, wat gevaarlik is.

Soortgelyke plasings