YSTERPENNE OP N1/N4

Mandaat

Die N4 is ’n bloedbad!

Motoriste is in gevaar weens ysterpenne en aanvalle op die N4.

AfriForum stel ondersoek in.

Gee aan ons jou mandaat.

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Alhoewel pogings om ysterpenne in die pad te plaas enige tyd kan plaasvind, is dit hoogs waarskynlik dat dit ná donker sal voorkom. Die oortreders gebruik die donkerte om die gevare vir niksvermoedende bestuurders weg te steek totdat dit te laat is om te rem of die spykers te vermy.

Hierdie misdadigers se hoofdoel is om ’n voertuig te beskadig, veral die bande, wat veroorsaak dat die bestuurder aftrek en die situasie bepaal. Hierdie misdadigers maak hoofsaaklik gebruik van ysterpenne wat van spykers en hout of groot klippe en ander voorwerpe gemaak is.

Sodra die bestuurder aftrek, is hulle kwesbaar vir roof en kan hulle hul besittings verloor. Abramjee het beklemtoon dat die belangrikste brandpunte vir ysterpenvoorvalle op die oomblik die N4 van Pretoria na Rustenburg en die N4 na Mpumalanga is. 

Dit lyk of dit ooreenstem met die brandpunte geregistreer deur die Gautengse verkeerspolisie wat die volgende as brandpunte vir ysterpenvoorvalle geïdentifiseer het:

•             N4 Mpumalanga na Pretoria tussen Solomon Mahlangu- en Watermeyer-afrit

•             N4 Pretoria na Mpumalanga tussen Bronkhorstspruit- en Balmoral-afrit

•             N1 Polokwane en N4 Mpumalanga-kruising in Pretoria

•             N4 na Rustenburg tussen R80 Mabopane-hoofweg en Brits Plaza-tolhek

•             Goue Hoofweg

•             R21-snelweg van O.R. Tambo Internasionale Lughawe na Pretoria

•             R562 in Olifantsfontein

•             N12 in Witbank, onder die Merridale-brug

•             N12 tussen Klerksdorp en Potchefstroom

•             N3 tussen Leondale- en Barry Maraisweg

•             N17 tussen Rondebult- en Heidelbergweg

Abramjee het bygevoeg dat voorvalle op sekondêre aangrensende paaie in en om daardie gebiede aangemeld is. 

Veiligheidswenke

  • Moet onder géén omstandighede die motor stop ná ’n insident waarin die voertuig se bande, voorruit of ander onderdele beskadig is nie. Hou sover moontlik aan met ry tot by ’n veilige bestemming.
  • Kontak jou plaaslike buurtwag, sekuriteitsmaatskappy of nooddiens so gou moontlik en stel hulle in kennis van die voorval. Gee volledige besonderhede rakende die voorwerp wat in die lokval gebruik is en die adres of ligging daarvan. Dit sal aanvalle op motoriste wat moontlik ná jou op dieselfde manier geteiken word, kan voorkom.
  • Maak seker jou selfoon is gelaai voordat jy die pad aandurf.
  • Deel jou ligging met geliefdes, veral wanneer jy alleen reis.
  • Wees paraat en kom in die gewoonte om vooruit in die pad te kyk om sodoende enige bedreigings, vreemde voorwerpe of mense op of langs die pad betyds raak te sien.
  • Stoor die kontaknommers van die nooddienste, buurtwag of sekuriteitsmaatskappy op jou foon.
  • Oorweeg dit om ’n nooddienstoeppassing, soos die AfriForum 911-paniekknoppie-toepassing, op jou foon te installeer. Dié toepassing is gratis beskikbaar op Google Play Store (vir Andriod-toestelle) en op App Store (vir iOS-toestelle).


Mediaverklarings