Nasionale Gesondheidsversekering

[seopress_breadcrumbs]

Stop NGV!

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Wat is nasionale gesondheids-versekering?

Nasionale gesondheidsversekering (NGV) kom daarop neer dat bestaande mediese skemas vervang word met ’n enkele, staatsbestuurde gesondheidsorgfonds wat met belastinggeld gefinansier word.

Waar staan NGV tans?

Die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering 20 van 2023 is op 15 Mei 2024 deur die president bekragtig, maar dit het nog nie in werking getree nie. Die datum van inwerkingtrede is ook nog nie bekendgemaak nie. Die wet voorsien dat NGV in fases in werking gestel moet word vanaf die datum van inwerkingtrede, maar die bepalings en tydsduur van elke fase is nog nie vasgestel nie.

Enkele probleme met die NGV-wet:

  • Dit gaan enorme belastingverhogings verg om in werking te stel.
  • Dit gaan mediese skemas verbied om dieselfde dienste te finansier as wat deur die NGV-fonds betaal word.
  • Privaat dokters en klinieke gaan dienste gratis by die punt van lewering moet bied en sal dan uitgelewer wees aan terugbetaling deur die NGV-fonds.
  • Pasiënte gaan nie self kan besluit om na ’n spesialis te gaan nie, maar sal eers deur ’n primêre versorger verwys moet word.
  • Pasiënte gaan nie na die fasiliteit van hul keuse kan gaan nie, maar sal al die benodigde dienste moet verkry by die (naaste) fasiliteit waar hulle geregistreer is.

Waarom AfriForum teen NGV gekant is:

  • AfriForum glo in die reg en verantwoordelikheid van mense, gesinne en gemeenskappe om self besluite oor hul gesondheidsorg te neem. Hierdie vryheid mag nie deur die staat ontneem word nie.
  • Die NGV-wet bevat verskeie artikels wat teen die Grondwet en teen beginsels van die internasionale reg indruis.
  • AfriForum voorsien dat daar grootskaalse korrupsie kan plaasvind in enige poging om NGV in werking te stel.
  • Die inwerkingstelling van NGV sal waarskynlik tot ’n uitvlug van mediese kundiges na ander lande lei.
  • Daar is beter maniere om toegang tot gesondheidsorg in Suid-Afrika te verbeter.

Wat gaan AfriForum doen om NGV te stuit?

  • AfriForum gaan die minister van Gesondheid en die regering dagvaar vir die skade wat NGV aan die lewensgehalte van Suid-Afrikaners aanrig. Hiervoor gaan AfriForum deskundige getuies inroep om uit te wys hoe NGV nie die gestelde doelwitte bereik nie.
  • Voordat so ’n dagvaarding kan plaasvind, sal AfriForum bestaande hofaansoeke vir die tersydestelling van die NGV-wet ondersteun.
  • AfriForum help om openbare druk teen die regering se inwerkingstelling van NGV te handhaaf.

STOP NGV by openbare verhore

Steun die petisie hier

Daar is nou geleentheid om mondelinge kommentaar te lewer op die NGV-konsepwet. Openbare verhore vind soos volg plaas:

Nelson Mandela Metro en Sarah Baartman

DatumTydDorpLokaal
Dinsdag 10 Oktober10:00Graaff-ReinetAlex Laing-saal
Woensdag 11 Oktober10:00KougaNewton-saal
Donderdag 12 Oktober10:00KariegaBabs Madlakana
Vrydag 13 Oktober10:00GqeberhaNangoza Jebe

Joe Gqabi en Chris Hani

DatumTydDorpLokaal
Dinsdag 10 Oktober10:00ElundiniIliso Lomzi-gemeenskapsaal
Woensdag 11 Oktober10:00Walter SisuluBurgersdorp-stadsaal
Donderdag 12 Oktober10:00AB Xuma Plaaslike MunisipaliteitNgcobo-stadsaal
Vrydag 13 Oktober10:00Chris Hani DistriksmunisipaliteitBinnenshuise sportsentrum – Sysaal

Alfred Nzo en OR Tambo

DatumTydDorpLokaal
Dinsdag 10 Oktober10:00MatatieleHarry Park-gemeenskapsaal
Woensdag 11 Oktober10:00Mount AyliffAlfred Nzo Distrikmunisipaliteit se konferensiesentrum
Donderdag 12 Oktober10:00LusikisikiSt. Elizabeth-gesondheidshulpbronsentrum
Vrydag 13 Oktober10:00MthathaMthatha-stadsaal

Amathole en Buffalo City Metro

DatumTydDorpLokaal
Dinsdag 10 Oktober10:00MbhasheButterworth-stadsaal
Woensdag 11 Oktober10:00Raymond MhlabaVerdere besonderhede sal volg oor die presiese lokaal
Donderdag 12 Oktober10:00Oos-LondenCambridge-saal
Vrydag 13 Oktober10:00King William’s TownKing William’s Town-saal

Wes-Randstreek

DatumTydDorpLokaal
Dinsdag 24 Oktober 202310:00 – 13:00KrugersdorpMogale City-eeufeessaal

Tshwane

DatumTydDorpLokaal
Vrydag 20 Oktober10:00 – 13:00CenturionLaudium-gemeenskapsentrum

Noord-Kaap

DatumTydDorpLokaal
Woensdag 18 Oktober11:00KurumanBendel-gemeenskapsaal
Woensdag 18 Oktober11:00SpringbokOkiep-gemeenskapsaal
Donderdag 19 Oktober11:00UpingtonThembelihle-dienssentrum Paballelo
Donderdag 19 Oktober11:00De AarDe Aar-Oos-gemeenskapsaal

Noordwes

DatumTydDorpLokaal
Donderdag 19 Oktober10:00RustenburgBojanala
Rustenburg-stadsaal
Donderdag 19 Oktober10:00MahikengNgaka Modiri Molema
Ambassadeursaal
Donderdag 19 Oktober10:00PotchefstroomDr Kenneth Kaunda
Banketsaal
Donderdag 19 Oktober10:00VryburgDr RS Mompati
Kismet-gemeenskapsaal

Gaan maak jou stem dik teen hierdie skadelike wetsontwerp en beskerm die gesondheidsvryheid van miljoene landsburgers!

Verslae

DRA BY TOT ONS NGV-VELDTOG

EFT direk aan fonds:

As jy ’n bedrag via EFT aan AfriForum vir een van die fondse wil skenk, kan jy die volgende bankbesonderhede gebruik:

Banknaam: First National Bank
Rekeninghouer: AfriForum NPC
Takkode: 261550
Rekeningnommer: 62349898398
SWIFT-kode: FIRNZAJJ
Verwysing / Reference: NGV-Veldtog