Geregtigheid, magsmisbruik en rassisme
Nasionale Gesondheidsversekering
Nasionale gesondheidsversekering (NGV) kom daarop neer dat bestaande mediese skemas vervang word met ’n enkele, staatsbestuurde gesondheidsorgfonds wat met belastinggeld gefinansier word.

Nasionale Gesondheidsversekering-mandaat
Stop NGV
Wat doen AfriForum om NGV te stuit?
- AfriForum het die minister van Gesondheid en president gedagvaar weens die ongrondwetlikheid van die NGV-wet. Hiermee het AfriForum ’n aksieproses teen NGV geloods – ’n unieke benadering in die hofstryd teen NGV. Tydens die aksieproses kan AfriForum deskundige getuies inroep om uit te wys hoe NGV nie die gestelde doelwitte bereik nie.
- AfriForum ondersteun wel ook ander litigante se hofaansoeke teen die NGV-wet.
- AfriForum help om openbare druk teen die regering se inwerkingstelling van NGV te handhaaf.
Wat is nasionale gesondheidsversekering?
Nasionale gesondheidsversekering (NGV) kom daarop neer dat bestaande mediese skemas vervang word met ’n enkele, staatsbestuurde gesondheidsorgfonds wat met belastinggeld gefinansier word.
Waar staan NGV tans?
Die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering 20 van 2023 is op 15 Mei 2024 deur die president bekragtig, maar dit het nog nie in werking getree nie. Die datum van inwerkingtrede is ook nog nie bekendgemaak nie. Die wet voorsien dat NGV in fases in werking gestel moet word vanaf die datum van inwerkingtrede, maar die bepalings en tydsduur van elke fase is nog nie vasgestel nie.
Enkele probleme met die NGV-wet:
- Dit gaan enorme belastingverhogings verg om in werking te stel.
- Dit gaan mediese skemas verbied om dieselfde dienste te finansier as wat deur die NGV-fonds betaal word.
- Privaat dokters en klinieke gaan dienste gratis by die punt van lewering moet bied en sal dan uitgelewer wees aan terugbetaling deur die NGV-fonds.
- Pasiënte gaan nie self kan besluit om na ’n spesialis te gaan nie, maar sal eers deur ’n primêre versorger verwys moet word.
- Pasiënte gaan nie na die fasiliteit van hul keuse kan gaan nie, maar sal al die nodige dienste moet verkry by die (naaste) fasiliteit waar hulle geregistreer is.
Waarom AfriForum teen NGV gekant is:
- AfriForum glo in die reg en verantwoordelikheid van mense, gesinne en gemeenskappe om self besluite oor hul gesondheidsorg te neem. Hierdie vryheid mag nie deur die staat ontneem word nie.
- Die NGV-wet bevat verskeie artikels wat teen die Grondwet en teen beginsels van die internasionale reg indruis.
- AfriForum voorsien dat daar grootskaalse korrupsie kan plaasvind in enige poging om NGV in werking te stel.
- Die inwerkingstelling van NGV sal waarskynlik tot ’n uitvlug van mediese kundiges na ander lande lei.
- Daar is beter maniere om toegang tot gesondheidsorg in Suid-Afrika te verbeter.
Mediaverklarings
20 Februarie 2026
AfriForum beskryf dit as ’n positiewe verwikkeling in die stryd teen Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) dat die Presidensie vandag bevestig het…
18 Februarie 2026
AfriForum het vandag ’n dagvaarding aan president Cyril Ramaphosa en dr. Aaron Motsoaledi, minister van Gesondheid, laat beteken as deel…
17 Februarie 2026
Deur Louis Boshoff Die ANC-geleide regering wil dikwels Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) voorhou as die oplossing wat die wêreld se mees…
3 Februarie 2026
Die regering se plan om oor die volgende 15 jaar sowat R458 miljard in te samel om Nasionale Gesondheidsversekering (NGV)…
25 Junie 2025
Een skitterende navorsingsfasiliteit maak nie Nasionale Gesondheidsversekring (NGV) grondwetlik of finansierbaar nie. Só reageer AfriForum op Pres. Cyril Ramaphosa besoek…
13 Mei 2025
Klankgreep: Louis Boshoff (Afrikaans) Klankgreep: Louis Boshoff (Engels) AfriForum het gister in sy kommentaar op die Raad op Mediese Skemas…
30 April 2025
Die burgerregteorganisasie AfriForum sê dat die voorgestelde bestuursregulasies vir die Nasionale Gesondheidsversekeringsfonds (NGV) nie ingestel behoort te word voordat hofgedinge…
10 Maart 2025
Die gebrekkige konsepregulasies vir die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) het volgens AfriForum opnuut bevestig dat die Suid-Afrikaanse regering nie…
28 Januarie 2025
AfriForum het opnuut ’n beroep op die minister van Finansies gedoen om enige oorweging om belastingkrediete op mediesefondsbydraes in die…
15 Januarie 2025
AfriForum waarsku dat die implementering van Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) nie sonder regsaksie en verbete openbare druk voorkom sal word nie….
22 November 2024
AfriForum waarsku dat die huidige besteding wat deur die Departement van Gesondheid aangegaan word om voor te berei vir die…
18 September 2024
Die burgerregteorganisasie AfriForum doen ’n beroep op die president en die minister van Gesondheid om groter erns te maak met…
"*" indicates required fields
Word ’n lid
Klik hier om self aan te sluit of self jou
lidmaatskap te bestuur.



