Nuwe waarnemende polisiehoof kan hoop skep


AfriForum het die aanstelling van lt.genl. Joel Mothiba as die nuwe waarnemende nasionale polisiekommissaris as verblydend beskryf.

“Lt.genl. Mothiba is ʼn ervare beroepspolisiebeampte wat sterk in gemeenskapspolisiëring en dissipline glo. Ek glo sy aanstelling sal hoop skep en die moraal binne die polisie verhoog,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Cameron beskryf Mothiba as doeltreffend en sê voorts dat hy tydens sy amp as provinsiale polisiekommissaris in Gauteng ’n groot impak gemaak het.

Soortgelyke plasings