AfriForum se Alberton-buurtwag ontvang skietopleiding


Die AfriForum-buurtwag in Alberton het op 6 Oktober 2018 skietopleiding by Sport Adventure Shooting in Walkerville ontvang waartydens 12 buurtwaglede in verskeie veiligheidstegnieke touwys gemaak is. Die buurtwaglede moes onder meer 3,2 km in 40 minute te voet met ’n rugsak aflê en daarna onmiddellik vanaf 50 m op ’n teiken aanlê.

“Die skietopleiding was ’n reusesukses en die vaardighede wat ingeoefen word stel elke deelnemende buurtwaglid in staat om binne die raamwerk van die wet in noodsituasies op te tree,” sê Louis van Aswegen, voorsitter van AfriForum se Alberton-buurtwag.
“Dit is belangrik om ons gemeenskappe se veiligheid en paraatheid op te skerp en inisiatiewe soos dié bied proaktiewe oplossings. Die tak beplan dus om soortgelyke veiligheidsdae vir die buurtwag te hou waartydens daar ook op ander vaardigheidsopleiding en beveiligingstegnieke gefokus gaan word,” sluit Van Aswegen af.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Alberton” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings