|

AfriForum se Brits-buurtwag hou groot massapatrollie aan begin van feesseisoen

Die AfriForum-buurtwag in Brits het op 3 Desember ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid in dié dorp te verhoog gedurende die feesseisoen. Die doel van die patrollie was om misdaad hok te slaan deur verhoogde sigbaarheid te handhaaf. Altesaam 107 patrolleerders, met 55 voertuie, het 1 979 km tydens die patrollie afgelê.

Die patrollie het plaasgevind van 21:00 op 3 Desember tot 04:00 op 4 Desember. Geen ernstige insidente is aangemeld nie, die massapatrollie het dus in sy doel geslaag.

“AfriForum se strategie is proaktief en fokus daarop om pogings tot misdaad te verminder. Veiligheid is baie belangrik in enige gemeenskap en die AfriForum-takke neem dit ook baie ernstig op. Dit is baie bemoedigend om te sien dat die Brits-gemeenskap betrokke raak en self hul veiligheid prioritiseer deur deel te neem aan hierdie uiters suksesvolle massapatrollie,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Ons is dankbaar vir elke lid wat hulle tyd opoffer om ’n verskil te maak, hulle is die fondasie waarop hierdie buurtwag gebou is. Dit is ’n voorreg om die leier van die Brits-buurtwag te wees en om saam met sulke bereidwillige en toegewyde buurtwaglede te werk,” sê Thys van Heerden, AfriForum se buurtwagleier in Brits.

“AfriForum hou hierdie massapatrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter en die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker. Ons kan nie op die staat alleenlik staat maak om na ons veiligheid om te sien nie,” sê Joseph Renaud, AfriForum se veiligheidshoof vir die sentraalstreek.

Word vandag nog deel van AfriForum se Brits-buurtwag: SMS “Buurtwag” na 45351 (R1) of skakel vir Thys van Heerden by 067 395 6307.

Soortgelyke plasings