| |

AfriForum se Springs-tak slaggereed om plaaslike onluste hok te slaan

AfriForum se Springs-tak is nou slaggereed om onluste in dié Oosrandse dorp hok te slaan. Toenemende gewelddadige protesaksies in Springs het dié tak genoop om ’n verhoogde fokus op gemeenskapsveiligheid te plaas. Nuwe veiligheidstoerusting is die afgelope week aangekoop en buurtwaglede het onlangs ook opleiding in doeltreffende skarebeheer voltooi. 

Spesiale skilde wat vir onlustebeheer gebruik word sowel as helms en arm- en beenbeskermingstukke is vir die tak se buurtwagspan aangekoop.

Volgens Jurie Ferreira, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand, is dié buurtwag nou ten volle toegerus om bystand te kan bied in gevalle waar gewelddadige protesaksies  inwoners en infrastruktuur in dié dorp in gevaar stel.

“Die aankoop van hierdie toerusting is ’n bewys van hoe ’n gemeenskap hulself kan organiseer en van wat gemeenskapstrukture met ’n sterk ondersteuningsbasis kan vermag. In hierdie geval is dit elke AfriForum-lid se finansiële bydrae wat hierdie tak van krag tot krag laat groei,” sê Ferreira.

Raak vandag nog by AfriForum se Springs-tak betrokke. Stuur ’n e-pos na springs@afriforumtak.co.za.

Soortgelyke plasings