|

Taai Meraai: AfriForum se teenboeliespan leer meisies oor God se volle wapenrusting

AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 24 Junie saam met die dieetkundige, Natasha Smit, by die Solidariteit Helpende Hand Pretoria-Oos-streek se Taai Meraai-vakansieprogram vir meisies besoek afgelรช. Hierdie program strek oor twee dae waar meisies in graad 8 en 9 bemagtig word met die nodige kennis en vaardighede om onder meer boeliegedrag en kuberboeliery te oorkom. Onderwerpe soos sosiale media, emosionele intelligensie en โ€™n positiewe liggaamsbeeld is aangeraak.

Die teenboeliespan se praatjie was gebaseer op die belangrikheid daarvan om daagliks die volle wapenrusting van God aan te trek, om in verhouding met Jesus Christus te stap en om te weet dat hulle soms deur moeilike omstandighede sal gaan, maar dat hulle nie alleen is nie.

Die meisies is ook geรฏnspireer met die Bybelse verhaal van Koningin Ester. Hulle moet weet dat hulle gebore is vir โ€™n tyd soos hierdie en dat God hulle uniek en spesiaal geskape het.

โ€œDit is belangrik om ons jeug te bemagtig waar hulle opstaan vir goeie waardes en beginsels, sodat hulle dit eendag ook vir ons nageslag kan uitleef. Hulle is immers die leiers van die toekoms! Die meisies is ook aangemoedig om van โ€™n jong ouderdom af vir hul trouman te bid en om altyd op God te vertrou,โ€ sรช Leandie Brรคsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

Die meisies het ook Die Val, โ€™n film oor kuberboeliery en selfdood, gekyk. Hierdie film is deel van AfriForum se Teenboelieveldtog en kan gratis gestroom word op AfriForumTV.

โ€œBoeliebewusmaking is baie belangrik, veral met sosiale media wat deesdae soveel druk op meisies plaas om โ€™n sekere manier te lyk en op te tree. Ek het die meisies gewys hoe om gesonde, gebalanseerde etes te beplan want wat jy inneem en eksterne faktore soos sosiale media en musiek, het โ€™n groot invloed op hoe jy voel.  Dit was vir my belangrik om die meisies te laat verstaan dat selfaanvaarding die eerste stap is en dat jou doelgewig nie noodwendig innerlike geluk verseker nie,โ€ sรช Smit, dieetkundige van Natasha Smit Registered Dietitian.

Luidens Karmien Buys, Solidariteit Helpende Hand se jeugorganiseerder van die sentraal- en Pretoria-Oos-streek, bemagtig die Taai Meraai-vakansieprogram meisies met wenke en nuwe vaardighede waarby hulle kan baat. Die meisies leer ook om te hekel en braai.

Taai Meraai fokus op graad 8 en 9 meisies en plaas veral klem op verhoudings en aanlynverhoudings. Buys voer aan dat daar al opgemerk is dat veral meisies in Pretoria-Oos maklike teikens is van seksuele voorbereiding (โ€œgroomingโ€) aanlyn.

โ€œOns wil graag meisies daarteen beskerm, daarom kry ons verskeie sprekers wat deur die week met hulle gesels oor aanlynverhoudings, booeliegedrag en kuberboeliery. Helpende Hand gesels ook met hulle oor gesonde en ongesonde verhoudings, asook vriendskappe,โ€ sluit Buys af.

AfriForum se kuberboeliegids kan gratis hier afgelaai word.

Soortgelyke plasings