|

AfriForum se Hartbeespoort-tak help om huisbrand te blus

Danksy die spoedige ingryping van die Hartbeespoort-tak se vrywillige vuurvegterspan, is ’n huisbrand op 11 Januarie geblus voordat dit versprei en enige skade aan ander eiendom kon aanrig. Die brand het omstreeks 10:04 by ’n huis in die Melodie-woonbuurt uitgebreek.

PWV Security Service het die vuurvegterspan na die toneel ontbied. Hierdie span het die brand onder bedwang gebring en sodoende voorkom dat dit na ander huise in die kompleks versprei. Die Madibeng-brandweer en NECSA se noodreddingspan het ook ondersteuning op die toneel gebied.

Geen beserings is in die huisbrand opgedoen nie.

“Ons innige simpatie aan die gesin wie se huis in die brand verwoes is. Ons wil ook al die rolspelers bedank wat op die toneel gehelp het, waaronder die Madibeng-brandweer, NECSA en gemeenskapslede,” sê Armand Viljoen, distrikskoördineerder vir Marico.

Om hierdie inisiatief te ondersteun, kontak Dennis Webster, voorsitter van AfriForum se Hartbeespoort-tak, by 082 435 5636.

Soortgelyke plasings