Red Pretoria

Stop dat ’n EFF-koalisie Pretoria regeer

Help AfriForum om te keer dat die EFF en hulle vennote beheer van die Tshwane-metro oorneem! Die Tshwane-metro sal weer in chaos en disfunksie gedompel word, sou die huidige regerende koalisie verbrokkel. Dringende aksie is nodig, aangesien die huidige koalisie reeds oor 14 dae kan val.

Jy kan só help om dit te verhoed: Vul die vorm in en voeg jou naam by ’n versoek aan die leiers van ActionSA, DA, IVP, ACDP en VF+ dat hulle alles moontlik doen om geskille in die bestaande koalisie op te los, sodat hulle nie die EFF en vennote toelaat om by die administrasie van die metro betrokke te raak nie.

Versprei die boodskap dringend aan jou vriende en familie.

NS: Die vordering wat gemaak is om gemeenskappe meer beheer te gee om hul buurte self te herstel, is nou in gedrang. Die OG se verslag wys ook uit dat politieke onstabiliteit bydra tot die swak prestasie van munisipaliteite. Dit is ook onaanvaarbaar dat die EFF wat die oppergesag van die reg ondermyn, chaos saai en selfs tydens ’n raadsvergadering sê hulle wil ’n Boer “moer”, nou moontlik deel van ’n nuwe stadsregering kan word.

"*" indicates required fields

Naam en van*
NOTA: Jou persoonlike inligting sal nie aan politieke partye gestuur word nie.
NOTA: Jou persoonlike inligting sal nie aan politieke partye gestuur word nie.
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Aan die leiers van ActionSA, die DA, IFP, ACDP en FF+

OPLOSSING VAN GESKILLE BINNE DIE HUIDIGE KOALISIE EN BESKERMING VAN DIE TSHWANE-METRO VAN ’N EFF-OORNAME

Geagte Leiers,

Ek skryf met groot kommer aan julle oor die toekoms van die Tshwane-metro. Ons staan op die rand van ’n krisis wat verreikende gevolge vir ons stad kan hê.

Sou die huidige regerende koalisie ineenstort, is daar ’n wesenlike gevaar dat die EFF en sy vennote beheer oor die Tshwane-metro kan neem. Dit sal waarskynlik lei tot ’n terugkeer na chaos en wanfunksie met onvoorspelbare gevolge vir die inwoners van ons stad.

Ek doen ’n dringende beroep op jou om alles in jou vermoë te doen om enige geskille binne die bestaande koalisie op te los. Dit is van uiterste belang dat ons die stabiliteit van die koalisie handhaaf om te verhoed dat die EFF en sy bondgenote enige vorm van administratiewe beheer oor die metro kry. Die ouditeur-generaal se verslag het reeds beklemtoon dat politieke onstabiliteit ’n beduidende faktor is wat bydra tot die swak prestasie van munisipaliteite. Ons kan eenvoudig nie bekostig om na die donker tye van wanorde en onbevoegdheid terug te keer nie.

Ek versoek jou dus dringend om die bestaande koalisie te beskerm en versterk deur alle interne geskille vinnig en effektief op te los. Ons kan nie toelaat dat die Tshwane-metro in die hande val van diegene wat chaos bo ordelike bestuur verkies nie.

Jou optrede in hierdie saak kan die toekoms van ons stad bepaal.

Vriendelike groete



Soortgelyke plasings