Is jy ’n slagoffer van rassisme of valse rassismeaantygings?

AfriForum se privaatvervolgingseenheid is besig om drie mense te help wat na bewering valslik deur ’n TikTok-gebruiker van rassisme beskuldig is. ’n Strafregtelike ondersoek staar nou dié TikTok-gebruiker in die gesig weens haar beweerde vals en skadelike aantygings van rassisme. Die eenheid is bereid om nóg mense te ondersteun wat ook valslik van rassisme beskuldig word.

Die eenheid het voorheen in die openbaar verklaar dat valse bewerings van rassisme net so ernstig as ware bewerings van rassisme behandel moet word. Valse rassisme verwoes lewens en dra dieselfde gevolge as ware gevalle. Die aantygings is pynlik en het ‘n gebrek aan respek wat ‘n persoon se waardigheid kan ondermyn.

Is jy ’n slagoffer van valse rassismeaantygings? Laat weet ons hier of ondersteun ons sake.

Maak asseblief seker jou saak voldoen aan die nodige riglyne voordat jy die saak by die eenheid aanmeld.

Riglyne vir die voer van sake oor valse rassisme

  • Moenie huiwer om jou stem te laat hoor nie – iemand sal luister en jou help.
  • Versamel en bewaar uitgebreide bewysstukke, insluitend video’s, foto’s en ander toepaslike dokumentasie.
  • Stel onmiddellik regsprosedures by jou naaste polisiestasie in om jou reputasie en regte te beskerm.   
  • Moenie bang wees om as ’n slagoffer uitgemaak te word nie; dit is uiters belangrik om hieroor te praat.  
  • Erken dat aantygings van valse rassisme net so beduidend is as rassismebewerings.
  • Weerhou jou daarvan om op sosiale media op dié valse aantygings te reageer. Moniteer en hou boek van beledigings wat uit dié valse aantygings voortvloei.

Meld jou saak hier aan:

"*" indicates required fields

Naam en van*
Drop files here or
Accepted file types: png, pdf, gif, jpg, mp4, wmv, avi, Max. file size: 10 MB, Max. files: 50.
    This field is for validation purposes and should be left unchanged.

    Ondersteun ons:

    As jy nie ’n saak het om aan te meld nie, kan jy AfriForum se privaatvervolgingseenheid jou stem gee om meer gevalle soos hierdie te beveg en onskuldige persone te help en te beskerm.

    "*" indicates required fields

    Naam en van*
    This field is for validation purposes and should be left unchanged.

    Soortgelyke plasings