Geen satellietdienste van Starlink nie omdat hulle “te wit” is?

Sê nee vir Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (ICASA) se rasbeheptheid, wat Starlink in Suid-Afrika blok.

AfriForum het geskrewe kommentaar by ICASA ingedien om ’n beroep op dié owerheid te doen om sy streng rasgebaseerde kriteria te laat vaar. Dié kriteria dwarsboom die toekenning van ’n Suid-Afrikaanse lisensie aan die satellietinternetdiens Starlink.

Die verbeterde kommunikasievermoë wat Starlink in Suid-Afrika sal bied, sal ’n reusebydrae maak om misdaad te voorkom en misdaadreaksietye te verbeter, veral in landelike gebiede waar selfoonopvangs dikwels onbetroubaar is of heeltemal afwesig is.

Deur Starlink op grond van ras in Suid-Afrika te verbied, ontneem ICASA landelike gemeenskappe van ’n betroubare alternatief wat lewens kan red.

Stop die rassisme en veg saam AfriForum:

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Soortgelyke plasings