AfriForum staan Eskom se planne vierkantig teen

AfriForum se Alberton-tak staan Eskom se planne vierkantig teen.

Eskom beplan sedert 2008 om hoëspanningskraglyne op te rig wat deur Alberton-middestad, die vleiland (wat natuurlewe sal beïnvloed) en ’n woonbuurt in die noorde van Alberton sal strek. Die munisipaliteit se besluit om Eskom se planne goed te keur, kan daartoe lei dat huiseienaars nie net aan die gevaar wat 400 000 V-kraglyne blootgestel word nie, maar ook die onteiening van hul eiendom in die gesig staar. Dit sal huiseienaars noop om hul eiendom te verkoop. Ses huiseienaars het reeds verkoop as gevolg van die beplande aksie deur Eskom.

AfriForum staan Eskom se planne vierkantig teen, maar kan dit net doen met die hulp van Alberton se gemeenskap. Gee AfriForum jou mandaat: teken ons petisie om saam met ons Eskom se planne stop te sit.

Oops! We could not locate your form.

Soortgelyke plasings