Die Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte


Die regering glo rookwetsontwerpe is belangriker as misdaadbekamping.

Die Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels van 2022, is op 31 Mei 2023 in die parlement voorgelê vir openbare kommentaar. Daarna het die openbare kommentaar op 21 Junie 2023 oopgemaak. Die wetsontwerp is in 2023 vertraag hoofsaaklik weens die behoefte aan verdere openbare kommentaar en wetgewende prosesse aangesien daar ’n afwesigheid van parlementêre voorleggings was.

Dié wetsontwerp word tans weer hervat. AfriForum is van mening dat in ’n land waar misdaad, infrastruktuurverval, swak dienslewering en korrupsie toeneem, dit noodsaaklik is vir die regering om daarop te reageer, nie op tabakprodukte nie. Normale mense gaan soos kriminele behandel word, terwyl die regering die werklike kriminele bly ignoreer.

STOP regeringsmagsmisbruik!

Teken jou verset teen hierdie wetsontwerp hiér aan:

Beheer van Tabakprodukte

Alle velde wat met ’n * gemerk is, is verpligtend.

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Soortgelyke plasings