STOP die BELA-wet!

16738
0 50 000


"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

STOP die BELA-wet. Die BELA-wetsontwerp deur komitee aanvaar.

AfriForum is gereed om Afrikaanse skole te help wat deur die departement geboelie word. Die BELA-wetsontwerp gaan skoolbeheerliggame van hul magte gaan stroop om openbare skole se taal- en toelatingsbeleid te bepaal.

Diè wetsontwerp sal ’n kaping van Afrikaanse skole wees.

Steun AfriForum se saak. Voeg jou naam hierby:

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Wat is die BELA-wetsontwerp?

Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die BELA-wetsontwerp) is ’n wetsvoorstel om die bestaande Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 en die Wet op die Indiensneming van Opvoeders 76 van 1998 te vervang. Van die bepalings daarin is praktiese bywerkings van dié twee wette, maar daar is ook uiters gevaarlike nuwe bepalings wat Afrikaanse gehalteonderrig en selfs tuisonderrig onherstelbaar kan skaad.

Hoe stop ons BELA?

Ons kan openbare kommentaar daarop indien sowel by die openbare sessies (wat die provinsiale wetgewers tans reël) as wanneer die wetsontwerp voor die president dien. Hoe meer die besware, hoe beter. Indien dit egter in die huidige formaat aanvaar en in werking gestel word, sal AfriForum met regsaksie begin, maar dan sal ons ook moet kan bewys dat ons en die publiek alle moontlike geleenthede aangegryp het om te keer dat dit gebeur. Dit is die rede waarom elkeen wat hier lees ons moet steun om BELA teen te staan!

Waar staan ons in die goedkeuringsproses van BELA?

Die wetsontwerp is reeds deur die parlementêre portefeuljekomitee vir basiese onderrig en die Nasionale Vergadering aanvaar. Dit dien tans voor die Nasionale Raad van Provinsies. Indien dié raad dit in die huidige formaat aanvaar, sal dit aan die president voorgelê word. Indien hy dit ook aanvaar en onderteken, kan dit in werking gestel word

STOP die BELA-wetsontwerp

  • Finale besluite wat tans deur skole se beheerliggame geneem word, sal volgens dié wetsontwerp voortaan deur provinsiale onderwyshoofde geneem word. Só eien die regering hom al meer mag toe. AfriForum is teen die sentralisasie van mag in die regering se hande gekant.
  • Provinsiale onderwyshoofde sal finale gesag hê om oor ’n skool se taalbeleid te besluit en die beleid sal die “breër gemeenskap” moet dien. Dit sal die einde vir Afrikaanse skole beteken (artikel 5).
  • Gemeenskappe sal seggenskap oor toelatingsvereistes by openbare skole verloor, wat groter klasse en dus onderrig van swakker gehalte kan beteken – al is dit die ouers wat deur die beheerliggame ekstra poste vir skole skep en betaal (artikel 4).
  • Die provinsiale onderwyshoofde wat die finale sê oor skole se toelatings- en taalbeleide sal hê as die huidige weergawe van BELA inwerking gestel word, is politieke aanstellings wat ideologiese agendas het.
  • Die regering gee voor dat hierdie wysigings nodig is om skole teen onbevoegde beheerliggame te beskerm, maar huidige wetgewing bevat die nodige bepalings wat kan sorg dat sulke beheerliggame vervang kan word. As dit nie in die praktyk gebeur nie, is dit omdat die provinsiale onderwysdepartemente onwillig of onbevoeg is om dit te doen – en nie omdat huidige wetgewing nie werk nie.
  • Bepalings in die wetsontwerp bots met die Grondwet, bestaande wetgewing en uitsprake van die Konstitusionele Hof. As dit aanvaar en in werking gestel word, gaan hofsake daarteen onvermydelik wees en belastingbetalers se swaarverdiende geld nóg verder insluk.
  • Gemeenskappe moet self oor hul skole se taalbeleid, etos, begrotings en toelatings kan besluit.
  • BELA stel ook voor dat skoolbywoning van graad R af verpligtend moet wees, maar die land het nie die nodige begroting, infrastruktuur of gekwalifiseerde opvoeders om dit prakties uitvoerbaar te maak nie.
  • Sommige bepalings in BELA is vaag, byvoorbeeld oor die gedragsbeleide van skole, wat tot verwarring en die moeilike toepassing van dissipline kan lei (artikel 7).
  • Verdere magte wat aan die staat oorgelaat word, sluit die sentrale verkryging van onder meer leermateriaal in. Indien die wetsontwerp aanvaar word, sal skole in die toekoms dalk verplig wees om die materiaal te gebruik wat die staat kies, en nie meer self kan besluit oor gehalteskryfbehoeftes en -handboeke nie. Dit skep ook risiko’s vir korrupsie wat moeiliker bestuur kan word as wanneer beheerliggame aanspreeklik gehou kan word wanneer wanbestuur voorkom (artikel 14).
  • Die eerste weergawes van BELA is al voor 2017 opgestel. Tydens die inperking van 2020 en 2021 het die onderwyslandskap en leermodelle ingrypend verander, met byvoorbeeld meer opsies vir aanlyn leer. Die wetsontwerp maak nie hiervoor voorsiening nie, wat beteken dit is reeds verouderd voordat dit nog in gebruik geneem kon word. Dit is daarom noodsaaklik om dit as geheel te hersien en met die huidige stand van sake te belyn.

Bela-wet se verhore.

Jy kan help om die Bela-wet te stop. Laat jou stem hoor by die Bela-verhore:

Vrystaat

DatumVenueTyd
13 Februarie 2024Maluti-a-Phofung: Veeldoelige saal, Harrismith09:00
15 Februarie 2024Parys: Stadsaal, Parys09:00
20 Februarie 2024Virginia: Meloding binnehuise sportsentrum, Virginia09:00
27 Februarie 2024Mangaung: Botshabelo-stadsaal09:00

Wes-Kaap

DatumPlekTyd
15 Maart 2024Paarl, Hugenote Gemeenskapsaal18:00
22 Maart 2024Saldanhabaai, White City-Veeldoelige Gemeenskapsentrum18:00
4 April 2024Kaapstad, Vloer 6, Provinsiale Wetgewer-gebou, Waalstraat, Kaapstad18:00

Noord-Kaap

DatumPlekTyd
23 Maart 2024Bergsig Librasaal10:30

Oos-Kaap

DatumPlekTyd
4 Maart 2024Babs Madlakane-saal, Matanzimaweg 1716, Kwa Nobuhle, Gqeberha10:00 tot 13:00
4 Maart 2024Biblioteeksaal, Aberdeen10:00 tot 13:00
4 Maart 2024Solomzi-gemeenskapsaal, Mount Fletcher10:00 tot 13:00
4 Maart 2024Vusubuntu Saal, Cradock10:00 tot 13:00
4 Maart 2024Nokhweni-gemeenskapsaal,  Matatiele.10:00 tot 13:00
4 Maart 2024Saal by die Departement van Onderwys-distrikskantoor,  Butterworth10:00 tot 13:00
5 Maart 2024Raymond Mhlaba-saal, Motherwell10:00 tot 13:00
5 Maart 2024Steytlerville-stadsaal.10:00 tot 13:00
5 Maart 2024Mgangamu-stadsaal,  Maclear10:00 tot 13:00
5 Maart 2024Ladyfrere-stadsaal, Ladyfrere10:00  tot13:00
5 Maart 2024Sint Patrick Hospitaal, Bizana10:00 tot 13:00
5 Maart 2024Ncumisa Kondlo Hall. Ngqushwa10:00 tot 13:00
6 Maart 2024Nelson Mandela Metro. Chatty Gemeenskapsentrum, Bertramweg, Bethelsdorp10:00 tot 13:00
6 Maart 2024Masizakhe-saal, Addo10:00 tot 13:00
6 Maart 2024Bunga Saal, R392, Sterkspruit10:00 tot 13:00
6 Maart 2024Engcobo Binnenshuisesportsentrum,  Engcobo10:00  tot 13:00
6 Maart 2024Nongoma-gemeenskapsaal,  Lusikisiki10:00  tot 13:00
6 Maart 2024Alice-stadsaal,  Alice10:00 tot 13:00
7 Maart 2024Nangoza Jebe-saal, Modukastraat, New Brighton10:00 tot 13:00
7 Maart 2024Vusumzi Landu-saal, Sandile Mjacustraat, Hankey10:00 tot 13:00
7 Maart 2024Burgersdopr-stadsaal, Burgersdorp10:00  tot 13: 00
7 Maart 2024Confimvaba Memorial-gedenksaal, Confimvaba10:00 tot 13:00
7 Maart 2024Tsolo-dorpsaal, R396, Tsolo10:00 tot 13:00
7 Maart 2024Saal by die Departement van Onderwys-distrikskantoor,  Mdantsane10:00 tot 13:00
8 Maart 2024Nelson Mandela Metro-stadsaal10:00 tot 13:00
8 Maart 2024Noluthando-saal, Nompondostraat,  Makhanda10:00 tot 13:00
8 Maart 2024Joe Slovo-saal,  Aliwal North10:00 tot 13:00
8 Maart 2024Binnenshuisesportsentrum,  Komani10:00 tot 13:00
8 Maart 2024OR Tambo-saal, Furnaceweg,  Mthatha10:00 tot 13:00
8 Maart 2024Schornville-gemeenskapsaal,  Kings William’s Town10:00 tot 13:00

Gauteng

DatumVenueTyd
23 Februarie 2024Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit – Uncle Tom se gemeenskapsentrum, Kumalostraat, Orlando-Wes, Soweto09:00
26 Februarie 2024Randfontein Municipality on the corner of Sutherland and Pollock St.09:00
28 Februarie 2024Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit – Sam Hlalele-gemeenskapsentrum se hoofsaal, Andrew Maphetorylaan, Tembisa09:00
1 Maart 2024Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit – Falala-gemeenskapsaal (Soshanguve Blok F), Soshanguve09:00

Volgens Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, sal die Bela-wet as’t ware demokraties verkose beheerliggame wat die skoolgemeenskappe verteenwoordig, muilband – net soos die mense wat moeite gedoen het om insette oor die wetsontwerp te gee, byna stilgemaak is.

“Dit is ’n aanduiding van die regerende party en sy vennote se magsug en minagting vir die mense wat hulle veronderstel is om te dien.”

Soortgelyke plasings