|

AfriForum Jeug se George-tak toets Witelsrivier

AfriForum Jeug se George-tak het op 3 Augustus ’n mini SASS-riviertoets in die bolope van die Witelsrivier uitgevoer. Die mini SASS-riviertoets is ontwerp om die gesondheid en ekologiese status van riviere te evalueer en speel ’n deurslaggewende rol in die voortdurende pogings om ons natuurlike omgewing te moniteer en te bewaar.

Die voorlopige bevindings dui daarop dat die rivierstelsel gesond is. Hierdie inligting dien as ’n grondslag vir toekomstige bewaringsinisiatiewe en sal ook ’n sleutelrol speel in waterbestuurspraktyke.

Gerhan Archer, bewaringskoördineerder van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se Tuinroete-tak, het die mini SASS-riviertoets geloof en sê dit is ’n waardevolle toevoeging tot omgewingsbewaring. Hy het beklemtoon dat die toets, wat vinnige en betroubare data verskaf, hul vermoë om rivierekosisteme te moniteer en te beskerm aansienlik sal versterk.

“Hierdie samewerking en riviertoets het ten doel om die blywende gesondheid en volhoubaarheid van ons rivierstelsels te verseker deur kollektiewe optrede en die gebruik van innoverende navorsingstegnieke,” sê Jana Naudé, voorsitter van AfriForum Jeug se George-tak.

Soortgelyke plasings