|

Noord van die berg-tak se tuinspan verfraai Pretoria-Noord

AfriForum se Noord van die berg-tak se tuinspan het gedurende Mei verskeie projekte aangepak om Pretoria-Noord te verfraai en netjies te maak.

Hierdie tuinspan maak op ’n maandelikse basis verskeie areas skoon as deel van hul volhoubare skoonmaakprojek. Die parke wat opgeruim word sluit onder meer Monumentpoort, Wolmer, Suur Klapper, en die park in Bokserstraat in. Ander areas wat opgeruim word sluit die Pretoria-Noord-stadsaal in, sowel as verskeie strate soos Andre- en Francoisstraat, asook die hoek van Azaleaweg en Bokmakieriestraat.

Gedurende Mei het die tuinspan 1 451 swartsakke vullis opgetel en sowat 69 bakkievragte rommel weggery. Dié span het 1 121 km afgelê om al die werk gedoen te kry. Daar is verder 13 hektaar se gras gesny en massas sand is van strate se oppervlakte verwyder. ’n Aantal mure in die omgewing asook bande waarin plante geplant word is oorgeverf en mooigemaak om die area weer op te kikker.

“AfriForum sal aanhou om gemeenskappe te help wanneer die staat, of munisipaliteit misluk. Ons wil met hierdie projekte hoop in gemeenskappe skep deur ’n daadwerklike verskil in die betrokke areas te maak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se Noord van die berg-tak betrokke deur www.wordlid.co.za te besoek.

Soortgelyke plasings