AfriForum maak begraafplaas in Koster skoon


Die AfriForum-tak in Koster het vandag begin om die plaaslike begraafplaas skoon te maak.

“Hierdie begraafplaas lê die hele gemeenskap na aan die hart. Ek voel trots dat ek my deel tot die verbetering daarvan kon doen,” sê Lampie Meintjies, voorsitter van die AfriForum-tak in Koster.
“Dit is verblydend om te sien hoe almal in die gemeenskap bereid is om te help,” voeg Hendrik Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes, by.

Raak betrokke by die AfriForum-tak in Koster deur “Koster” na 45351 te SMS (R1 per SMS).

Soortgelyke plasings