|

AfriForum maak Limpopo se blou-en-groendruppeluitslae bekend

Al die dorpe in Limpopo se drinkwater wat getoets is – van Ellisras tot Tzaneen ­–  is skoon en drinkbaar. Dít is luidens die bloudruppeluitslae van AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek.

AfriForum het van Augustus tot November 2022 verskeie dorpe in Limpopo se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

PlekMunisipaliteit2019202020212022
Limpopo
Die Oog Aftreelandgoed (aftreedorp)Mookgophong – Modimolle PMSkoonSkoon
EllisrasLephalale PMSkoonSkoonSkoonSkoon
GroblersdalElias Motsoaledi PMSkoonSkoonSkoonSkoon
HaenertsburgGroter Tzaneen PMSkoonSkoonSkoonSkoon
HoedspruitMaruleng PMSkoon
LeeupoortThabazimbi PMSkoonSkoonSkoonSkoon
Louis TrichardtMakhado PMSkoon
Marble HallSekhukhune DMSkoonSkoonSkoonSkoon
MusinaMusina PMSkoonSkoon
NaboomspruitMookgophong – Modimolle PMSkoonSkoonSkoonSkoon
NylstroomMookgophong – Modimolle PMSkoonSkoonSkoonSkoon
PhalaborwaBa-Phalaborwa PMSkoonSkoonSkoonSkoon
PietersburgPolokwane PMSkoonSkoonSkoonSkoon
PotgietersrusMogalakwena PMSkoonSkoonSkoon
RoedtanMookgophong – Modimolle PMSkoonSkoonSkoon
RooibergThabazimbi PMSkoonSkoonSkoonSkoon
ThabazimbiThabazimbi PMSkoonSkoonSkoonSkoon
TzaneenGroter Tzaneen PMSkoonSkoonSkoonSkoon
VaalwaterMookgophong – Modimolle PMSkoon
WarmbadBela-Bela PMSkoonSkoonSkoonSkoon

“Ons kon vasstel dat  Ellisras, Groblersdal, Haenertsburg, Hoedspruit, Leeupoort, Marble Hall, Musina, Naboomspruit, Modimolle, Phalaborwa, Polokwane, Potgietersrus, Roedtan, Rooiberg, Thabazimbi, Tzaneen, Bela-Bela se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Magdel Jansen van Vuuren, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo.

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 10 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

TakMunisipaliteit2019202020212022
EllisrasLephalale PM>1 000>1 000>1 000Nie toelaatbare standaard
GroblersdalElias Motsoaledi PM>1 000>10 000Nie toelaatbare standaard
Marble HallEphraim Mogale PM>1 000>1 000Nie toelaatbare standaard
MusinaMusina PM>1 000Nie toelaatbare standaard
NaboomspruitMookgophong PM>1 000>10 000>1 000Nie toelaatbare standaard
NylstroomModimolle PM>1 000>1 000>1 000Nie toelaatbare standaard
PhalaborwaBa-Phalaborwa PM>1 000
PietersburgPolokwane PM>1 000>1 000Nie toelaatbare standaard
PotgietersrusMogalakwena PM>10 000>1 000Nie toelaatbare standaard
TzaneenGroter Tzaneen PMSkoonSkoon>1 000Nie toelaatbare standaard
WarmbadBela-Bela PMSkoon>10 000Nie toelaatbare standaard

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik die volgende plaaslike munisipaliteite: Lephalale, Elias Motsoaledi, Ephraim Mogale, Musina, Mookgophong, Modimolle, Ba-Phalaborwa, Polokwane, Mogalakwena, Groter Tzaneen, Bela-Bela. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Jansen Van Vuuren.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Jansen van Vuuren af.

“Dit is ook duidelik uit die Departement van Water en Sanitasie (DWS) se blou-en-groen-druppelverslag dat daar rede tot kommer is in Suid-Afrika. Hoewel die toestand van die krag in Suid-Afrika erg en uitdagend is, kan dit nie vergelyk met die waterkwessie waarop Suid- Afrika afstuur nie,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake.

AfriForum sal ook sodra die departement hulle nuutste verslag bekendmaak dit noukeurig deurwerk en moniteer.

As die bewaarder van water kom die DWS nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie.  Dit is van kardinale belang dat ons sonder ophou die gehalte van ons drink- en rioolafvalwater toets. Ons moet dié lewensbelangrike bron beskerm.

AfriForum versoek inwoners van Limpopo om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “skoon water” na 45340 (R1) en steun hierdie aksie.

Soortgelyke plasings