|

Bronberg-tak rig Welkom in AfriForum-wêreld-borde op

AfriForum se Bronberg-tak het op 27 Junie begin om Welkom in AfriForum-wêreld-borde in die area op te rig. Hierdie borde dien as bewusmaking van AfriForum se teenwoordigheid in die area en dat die organisasie besig is met projekte om die algehele netheid en veiligheid van die dorp te verbeter.

Die tak hoop dat hierdie nuwe borde die gemeenskap sal aanmoedig om meer betrokke te raak by projekte wat aangepak word.

“AfriForum sal aanhou om ons strukture te versterk en hoop in gemeenskappe te skep deur projekte aan te pak wat ’n daadwerklike verskil in die area maak.  Hierdie borde is deel van ’n projek wat AfriForum regdeur die Pretoria-area wil uitvoer.  Dit is belangrik om bewusmaking te skep oor die werk wat ons takke doen en dat gemeenskappe sal inskakel by hul plaaslike strukture om sodoende ’n groter verskil te maak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord-area.

Die tak nooi die gemeenskap uit om deel te neem aan die toekomstige aksies wat die tak beplan.

Raak vandag nog by AfriForum se Bronberg-tak betrokke: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings