AfriForum maan Ekurhuleni oor slordige begraafplaas


Die AfriForum-tak in Brakpan het op 14 Augustus 2017 ’n finale aanmaning aan die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit gestuur oor die haglike toestand van dié dorp se begraafplaas. Die aanmaning eis dat die munisipaliteit die begraafplaas voor 24 Augustus 2017 skoonmaak.
Dít volg nadat AfriForum op 28 Junie 2017 reeds ’n versoekskrif aan die munisipaliteit gerig het met die voorstel dat die burgerregte-organisasie en die munisipaliteit saamwerk om die begraafplaas skoon te maak. AfriForum het tot op hede geen antwoord van die munisipaliteit ontvang nie.

“Die Brakpan-tak wou saam met die munisipaliteit aan ’n volhoubare oplossing werk, maar ongelukkig blyk dit dat die munisipale bestuur geen respek vir die gemeenskap het nie,” sê Gerhard Cilliers, ondervoorsitter van dié tak.

Indien munisipaliteite met onversorgde begraafplase nie aan AfriForum se versoeke gehoor gee nie, beplan die burgerregte-organisasie ’n nasionale begraafplaas­skoonmaakaksie. Ondersteun jou plaaslike AfriForum-tak deur by dié inisiatief betrokke te raak.
SMS “RIV” aan 45342 (R1) en ondersteun jou plaaslike AfriForum-tak.

Soortgelyke plasings