AfriForum-personeel tree as gassprekers op by boekbekendstelling oor plaasmoorde


Personeellede van die burgerregte-organisasie AfriForum is onlangs deur die skrywer AnnMaree Barry genooi om as gassprekers in Calitzdorp op te tree tydens die bekendstelling van haar nuutste boek getiteld Afvlerkvoëls.
Barry is ’n sersant verbonde aan die Calitzdorp-polisiestasie en die boek handel oor die hartseer van ’n plaasaanval en die trauma wat daarna ervaar word.
Tydens die bekendstellingsgeleentheid het Thomas van Dalen, AfriForum se opleidingsbestuurder vir gemeenskapsveiligheid, Caty van der Merwe, operasionele bestuurder van die AfriForum 911 trauma-eenheid, en Jan Badenhorst, hoof van AfriForum se gemeenskapstrukture vir die Suid-streek, die gehoor toegespreek.
Die noodsaaklikheid van gemeenskapsbetrokkenheid by die oprigting van veiligheidsnetwerke is veral beklemtoon. Van der Merwe het ook uitgebrei oor die trauma-ondersteuning wat AfriForum aan slagoffers van plaasaanvalle bied. Barry beoog om 30% van die inkomste uit haar verkope aan AfriForum se trauma-eenheid te skenk.
Stuur ’n e-pos na jan.badenhorst@afriforum.co.za om by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke te raak en sodoende ’n verskil te maak.
 

Soortgelyke plasings