AfriForum rig vertoë dat Zuma moet tronk toe

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vertoë gerig aan die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makghoti Thobakgale, om uiteen te sit waarom voormalige president Jacob Zuma die res van sy vonnis moet uitdien. Dit volg nadat die Hoogste Hof van Appél AfriForum se hooggeregshofuitspraak bekragtig het dat Jacob Zuma se mediese parool onwettig toegestaan is. Hierbenewens is ’n kostebevel teen Zuma ingestel. Die Hoogste Hof van Appel het egter die besluit of Zuma se tyd op mediese parool van sy vonnis afgetrek kan word aan Thobakgale oorgelaat.

“Deur hierdie vertoë aan Thobakgale te rig, maak AfriForum dit duidelik dat die organisasie nie voorkeurbehandeling van hooggeplaaste politici sal duld nie. Zuma se mediese parool was vanuit die staanspoor onwettig en daarom moet Zuma terug tronk toe. AfriForum sal aanhou om vir geregtigheid in hierdie saak te veg,” sê Reiner Duvenage veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Soortgelyke plasings