|

AfriForum se Bethal-tak plant bome

AfriForum se tak in Bethal het op 14 Oktober bome by die polisiestasie in Bethal geplant. Dié aksie vorm deel van AfriForum se nasionale boomplantprojek.

In 2019 is daar 16 witkarees by dié stasie geplant. Vier van dié bome is vervang omdat dit nie die strawwe winter oorleef het nie. AfriForum se Bethal-tak het juis daarom nuwe bome hier geplant. Die bome is teen die oostelike heining van die polisiestasie geplant waar die grootste hoeveelheid verkeer beweeg.

“Hierdie projek wys dat ons trots is op ons omgewing en dat ons graag ’n positiewe nalatenskap vir toekomstige geslagte wil los,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in die Laeveld.

Sluit by jou naaste AfriForum buurtwag aan: SMS jou naam na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings