|

AfriForum se Krugersdorp-tak skenk bome aan skole

AfriForum se Krugersdorp-tak het op 15 September 2021 as deel van AfriForum se jaarlikse boomplantmaandprojek 75 spekbome aan verskeie skole in Krugersdorp geskenk. Die leerders en onderwysers van die Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs, Curamus School for Autism – Rant en Dal, Laerskool Krugersdorp-Noord, Laerskool Kenmare, Hoërskool Bastion en Laerskool Muldersdrif het van dié bome ontvang. Van die spekbome gaan ook op 20 September aan Laerskool Protearif oorhandig word.


Volgens Martin Lombard, voorsitter van AfriForum se Krugersdorp-tak, het die leerders van Curamus School for Autism entoesiasties gehelp om dié bome te plant. “Dit was ongelooflik spesiaal. Dit is vir ons heerlik om te sien hoe die gemeenskap by die tak se projekte betrokke raak en ons wil mense wat nog nie by die tak betrokke is nie, aanmoedig om aan te sluit,” sê Lombard.


Sluit vandag nog by AfriForum se Krugersdorp-tak aan: SMS Krugersdorp na 45340 (R1) om aan te sluit.

Soortgelyke plasings