|

AfriForum se Elliot-tak herstel verskeie waterlekke

AfriForum se Elliot-tak het op 9 Oktober 2019 drie waterlekke herstel nadat die tak verskeie klagtes vanuit die gemeenskap ontvang het. Ná volgehoue druk is die waterlekke, wat al vir ’n maand voorkom, teen 11:00 vandag herstel.

AfriForum wil die gemeenskap aanmoedig om die Elliot-tak van probleme in te lig wat hulle ervaar, en dit by die munisipaliteit aan te meld sodat dié probleme spoedig opgelos kan word.

“Ons is bly dat die munisipaliteit saam met ons gewerk het om die probleem op te los,” sê Lize-mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

Soortgelyke plasings