AfriForum se #OnsDorp-veldtog: AfriForum rig nuwe verkeerstekens op


AfriForum se Naboomspruit-tak het op 1 Oktober in samewerking met die verkeersdepartement begin om nuwe verkeerstekens by kruisings in dié dorp op te rig. Die projek vorm deel van dié burgerregte-organisasie se #OnsDorp-veldtog, wat daarop gemik is om probleme in dorpe self op te los.

Die Naboomspruit-tak het altesaam 10 verkeerstekens aangekoop, wat uiteindelik regoor die dorp opgerig gaan word by kruisings waar tekens ontbreek.

Volgens Phillip van Staden, voorsitter van AfriForum se Naboomspruit-tak, beskou hulle die projek as ’n prioriteit omdat die ontbrekende tekens inwoners se veiligheid bedreig. “Ons wil graag verseker dat ons dorp ’n veilige hawe vir alle inwoners is. Ontbrekende verkeerstekens by stopstrate kan groot ongelukke veroorsaak en daarom het ons tak inisiatief geneem en dit self vervang.”

Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.

Soortgelyke plasings