| |

AFRIFORUM SE OUDTSHOORN-BUURTWAG ONTVANG OPLEIDING

Die AfriForum-buurtwag in Oudtshoorn het op 12 en 14 November opleiding ontvang in regsaspekte en selfverdediging.

Hierdie opleiding in regsaspekte maak deel uit van 16 gemeenskapveiligheidsmodules wat deur AfriForum ontwikkel is en as belangrik beskou word om ons buurtwaglede toe te rus om bedreigings wat in hulle gemeenskappe mag ontstaan met selfvertroue en kundigheid te kan aanspreek.

“Dit is baie belangrik dat buurtwaglede vertroud is met die wet en verstaan wat hulle rol, regte en beperkings is sodat ons binne die wet kan bly in ons poging om ons gemeenskappe te beveilig. Om jouself te kan verdedig is ook nie meer onderhandelbaar nie,” sê David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die suidstreek.

Raak vandag by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings