AfriForum se Riversdal-buurtwag ontvang veiligheidsopleiding


Die AfriForum-buurtwag in Riversdal het op 26 April opleiding in die regsaspekte van veiligheidstoepassing ontvang. Altesaam 42 gemeenskapslede het dié opleidingsessie – wat deur Thomas van Dalen, AfriForum se opleidingsbestuurder by gemeenskapsveiligheid, aangebied is – bygewoon.

“Ons moedig gemeenskappe aan om proaktief te wees en by veiligheidstrukture soos AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke te raak,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Kaap.

Volgens Van Dalen fokus AfriForum tans sterk op gemeenskapsveiligheid. “Dit is vir ons belangrik dat gemeenskappe opgelei word om hulle in staat te stel om hulself te beveilig.”
Raak vandag nog by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings