AfriForum se Bethlehem-tak pak begraafplaasprojek saam met Jeug aan


Die AfriForum-tak in Bethlehem het op 9 Februarie 2019 in samewerking met die jeugvleuel van dié tak die Hollandse begraafplaas skoongemaak. Hierdie selfdoenaksie is aangepak nadat dié geskiedkundige begraafplaas verwaarloos is. Lede van die gemeenskap en die jeug het ywerig gewerk om bossies uit te trek en die gras te sny. Vragte vol vuilgoed is weggery.

“Die doel van dié aksie was om die begraafplaas weer op peil te bring, maar dit het ook gegaan oor veel meer as dit: Ons kinders en ons jeug is ons leiers van môre en moet leer by ons as volwassenes. Dit is tyd dat ons hand opsteek en weer die leiding neem. Jou nageslag word die toonbeeld van wat jý hulle leer,” sê Isolde Laesecke, voorsitter van AfriForum se Bethlehem-tak.
“Dit was lekker om te sien hoe ons jeug bereid is om hard te werk om hul gemeenskap ’n beter plek vir almal te maak,” sê Laesecke.
“AfriForum se Bethlehem-tak wil graag die jeug by elke projek betrek en sodoende ’n selfdoenkultuur onder hulle ook skep,” sê JP Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

Die AfriForum-tak in Bethlehem nooi die gemeenskap uit om by hierdie tipe aksies betrokke te raak. Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Bethlehem” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings