AfriForum se Secunda-buurtwag ontvang opleiding


Die AfriForum-buurtwag in Secunda het gister patrollie-opleiding ontvang. Dit is een van talle opleidingsessies wat vir die buurtwag beplan is ten einde die veiligheid van hulself, asook die gemeenskap te verseker.

“Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“Opleiding is belangrik vir enige veiligheidstruktuur en die buurtwag se hoofdoelwit is om ons gemeenskap te beveilig. Ons is hier om ’n verskil te maak en wil graag saam met ander veiligheidstrukture werk om dít te verwesenlik,” sê Nico Venter, voorsitter van AfriForum se Secunda-buurtwag.
“Ons moedig die gemeenskap aan om by die plaaslike tak en buurtwag betrokke te raak,” sê Hennie Pretorius, voorsitter van die AfriForum-tak in Secunda.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings