AfriForum se Secunda-tak verlig waterkrisis by Davieshof-ouetehuis

Die AfriForum-tak in Secunda het op 20 Julie 2017 nagenoeg 400 liter water aan die Davieshof-ouetehuis op dié dorp verskaf.

Hierdie ouetehuis was na bewering al ’n geruime tyd sonder water weens ’n probleem met die infrastruktuur. Nadat die tak danksy WhatsApp-groepe van die probleem ingelig is, is water aangekoop om die ouetehuis se waterkrisis te verlig.

“Ons wil graag die Pick n Pay in Pieter Wenningstraat bedank vir die water wat ook deur hulle geskenk is,” sê Nico Venter, voorsitter van die AfriForum-tak in Secunda.
Venter sê voorts dat die plaaslike AfriForum-tak nog besig is om ondersoek in te stel na die oorsaak van die wateronderbreking. “Die AfriForum-tak in Secunda sal voortgaan om druk op die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit toe te pas om hierdie probleem en ander soortgelyke probleme op te los.” Hy sê egter dat hulle tot op hede nog geen antwoord van die munisipaliteit ontvang het nie.

Soortgelyke plasings