| |

AFRIFORUM SE SPRINGS-BUURTWAG NEEM DEEL AAN SAPD-SIGBAARHEIDSPATROLLIE

AfriForum se Springs-buurtwag is deur die SAPD se sigbaarheidseenheid (Vispol) in Springs genooi om deel te wees van die SAPD se massasigbaarheidspatrollie wat op 30 Oktober 2020 plaasgevind het. Die patrollie vorm deel van die SAPD se feestydveiligheidsinisiatief en gemeenskapveiligheidstrukture vorm deel hiervan. Hierdie patrollies vind ook gereeld tydens die jaarlikse feesseisoen plaas.

Die stasiebevelvoerder en lede van ander polisie-eenhede het dié sigbaarheidspatrollie gelei.

“Die Springs-buurtwag waardeer die goeie samewerking met die plaaslike SAPD en ander gemeenskapveiligheidforums in die dorp. Dis samewerking soos dié wat veiligheid in gemeenskappe bewerkstellig,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.

Soortgelyke plasings