AfriForum se Springs-buurtwag ontvang veiligheidstoerusting


AfriForum se Springs-buurtwag het op 20 April 2018 veiligheidstoerusting ontvang. Dit volg nadat die plaaslike tak dié behoefte geïdentifiseer het weens misdaadtoename in die omgewing. Die toerusting sluit koeëlvastebaadjies, patrolliekiste en kommunikasietoerusting in.

“Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.
“Veiligheidstoerusting is van onskatbare waarde vir enige veiligheidstruktuur. Die Springs-buurtwag kan hiermee daadwerklik tot die bekamping van misdaad in dié gebied bydra. Die buurtwag verwelkom ook samewerking met ander veiligheidstrukture op die dorp,” sê Morné Greyling, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Springs-tak.
“Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak by die plaaslike tak en buurtwag. Hoe meer mense betrokke is, hoe groter is die verskil wat ons kan maak,” sluit Swart af.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).
 

Soortgelyke plasings