AfriForum se Springs-tak stig plaaswag in Endicott


Die AfriForum-tak in Springs het op 13 September 2017 ’n plaaswag in die Endicott-gebied buite dié dorp gestig. Die plaaswag is gestig om ’n verenigde front teen toenemende voorvalle van misdaad in dié gebied te vorm.
Die plaaswagbestuur bestaan uit Wouter Steyn (voorsitter), asook Cornél Swart en Morné Greyling (albei groepkoördineerders). Dié bestuur vorm deel van die groter AfriForum-tak in Springs wat deur Richardt Lubbe (voorsitter) gelei word.

“Ek glo dat die stigting van ’n AfriForum-plaaswag ’n keerpunt in die geveg teen misdaad in Endicott is. Dit is verblydend om te sien hoe die gemeenskap hande vat en proaktief teen misdaad wil optree,” sê Lubbe.

Gemeenskapslede is welkom om by die nuutgestigte AfriForum-plaaswag in Endicott aan te sluit: SMS “Endicott” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings