Afriforum se Verkiesingwaarnemingsmissie

Afriforum 2016 Munisipale Verkiesing Opname

Welkom by AfriForum se 2016 Munisipale Verkiesing Opname. AfriForum doen ʼn opname om te bepaal of die verkiesingsproses en telproses op stemlokaalvlak op ’n korrekte en geordende wyse, in ooreenstemming met verkiesingsregulasies geskied.

Die vraelys bestaan uit 16 vrae, wat net ’n paar minute van jou tyd sal verg om te beantwoord. Slegs by drie vrae vra ons jou kommentaar, maar die oorblywende 13 vrae word met die druk van ʼn knoppie beantwoord.

Jou deelname is van groot waarde.

  1. Kon jy as ʼn geregistreerde kieser stem in die 2016 Munisipale verkiesing? Indien nie, verduidelik asseblief hoekom jy geweier is.
  1. Was daar te eniger tyd politieke aktiwiteite (politieke byeenkomste) binne die omtrek van die stemlokaal se afsperband?
  1. Was die Sekuriteitsbeheer (SAPD) teenwoordig by die stemlokaal?
  1. Het die Suid-Afrikaanse Polisiediens wet en orde gehandhaaf op ʼn gepaste wyse?
  1. Het ’n kiesbeampte jou
ID nagegaan om seker te maak dat jy geregistreer is?
  1. Het ʼn kiesbeampte jou ID afgetas met die eZiskan- (zip-zip) masjien om te kyk of jy op die kieserslys is?
  1. Het die kieserslysbeampte jou naam op die kieserslys gekry en ’n streep daardeur getrek sodat jy nie weer kan stem nie?
  1. Het ’n verkiesingsbeampte ’n klein merkie op die nael van jou linkerduim gemaak met ink by die inktafel?
  1. Het jy by die stembrieftafel die korrekte stembriewe gekry? Kiesers in ’n Metropolitaanse Raad (Metro) kry jy 2 stembriewe (wit en geel stembrief). Kiesers in ’n Plaaslike Raad of ’n Distriksraad kry 3 stembriewe (wit, geel en groen stembrief).
  1. Was die stemlokaal so opgestel dat jy jou stem by ʼn stemhokkie in geheim kon maak?
  1. Het die kiesbeamptes hulself professioneel gehandhaaf volgens jou mening?
  1. Was jy tevrede met die spoed waarmee die tou buite die stemlokaal beweeg het?
  1. Was daar tekens van enige verkiesingsonreëlmatighede? Indien wel, beskryf dit asseblief.
  1. Was daar enige insidente van geweld of intimidasie in of naby die stemlokaal? Indien wel, beskryf dit asseblief.
  1. Hoe lank het die stemproses geneem by jou stemlokaal?

Was die kiesproses volgens jou mening vry en regverdig?

Wat is die doel van die VWM?

  • Dit bevorder vrye, regverdige en deursigtige verkiesings.
  • Dit voorkom of wys verkiesingsbedrog uit.
  • Dit bevorder verkiesingsvrede.
  • Dit bou openbare vertroue in die verkiesingsproses.
  • Dit moedig burgerdeelname in die verkiesingsproses aan.

Wat is die VWM se doelwitte?

Neem die stem- en telproses waar

  • Neem gedrag tydens die opening van die stemlokale waar.
  • Neem gedrag tydens die stemproses waar.
  • Neem die gedrag van die kiesbeamptes tydens die stemtelproses waar.

 Hoe sal die VWM uitgevoer word?

  • Waarnemers sal die stem- en telproses op stemdag by stemlokale waarneem.
  • Die basiese doel van die waarneming van die stemproses op stemlokaalvlak is om te evalueer of stemming en telling op ’n korrekte en geordende wyse in ooreenstemming met verkiesingsregulasies geskied.

Wie behoort deel te neem?

AfriForum is op soek na Suid-Afrikaanse burgers wat bereid is om hul tot ons VWM te verbind en wat –

  • die verkiesing onpartydig sal waarneem en onafhanklik sal wees van enige geregistreerde party of kandidaat wat aan die verkiesing deelneem;
  • onpartydig en neutraal sal wees;
  • die verkiesing bevoeg en professioneel sal waarneem; en
  • op streng neutrale en onbevooroordeelde wyse sal optree.

As jy aan die bogenoemde vereistes voldoen, sal AfriForum jou deelname in ons VWM oorweeg.

Soortgelyke plasings