Swak dienslewering in Sasolburg

AfriForum se Sasolburg-tak versoek ’n aksieplan van die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit met betrekking tot die verbetering van dié dorp se dienslewering. Die tak wil dus ’n pleidooi aan die publiek lewer om hulle te ondersteun deur ’n petisie te onderteken en sodoende bogenoemde versoek te steun en die munisipaliteit tot aksie te dwing

Dienslewering is ’n groot probleem in Sasolburg en daarom is die tak reeds besig om verskeie aksies aan te pak om die probleem aan te spreek. AfriForum is dus van mening dat die munisipaliteit tot aksie gedwing moet word omdat hulle reeds oor fondse beskik om die probleme aan te spreek.

Help ons asseblief deur die petisie te onderteken, waarna die takbestuur die petisielys aan die munisipale bestuurder sal oorhandig om verdere druk toe te pas.

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Soortgelyke plasings