AfriForum stig buurtwag in Harrismith


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 3 April 2017 ’n buurtwag in Harrismith gestig.
Dít volg nadat verskeie gemeenskapslede die behoefte aan ’n AfriForum-Buurtwag uitgespreek het om die hoë geweldmisdaadvlak in dié dorp die nekslag toe te dien. Die buurtwagbestuur bestaan uit Sagrys Staalsak (buurtwagvoorsitter) en Christo Mostert (operasionele voorsitter).
Hoewel daar reeds verskeie veiligheidstrukture in Harrismith is, word daar gesprekke tussen AfriForum en ander rolspelers gevoer om samewerking in die geveg teen geweldsmisdaad te bevorder.

“Ek is trots om deel te wees van ’n organisasie soos AfriForum wat ’n verskil in die lewens van hul lede maak. Ek doen ’n beroep op die gemeenskap van Harrismith om by die plaaslike AfriForum-tak en die buurtwag aan te sluit,” sê Johan De Bruin, voorsitter van AfriForum se Harrismith-tak.

Die gemeenskap kan by Harrismith se AfriForum-buurtwag aansluit deur “Harrismith” na 45350 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings